Handel & Bedrywe

Die Koöperasie verskaf 'n wye reeks boerderybenodigdhede, wat direkte insetmiddele insluit, van hoë gehalte teen mededingende pryse. Unieke produkte en dienste van uitstaande gehalte word aan lede en kliënte beskikbaar gestel waardeur hul in staat gestel word om winsgewend en volhoubaar te kan boer.

Die sukses van hierdie handelsafdeling word toegeskryf aan die volgehoue strewe om langtermyn kliënteverhoudinge te kweek en in stand te hou.

'n Een-Stop Landbouwinkel word tot almal se beskikking gestel. Besoek ons gerus vir vriendelike en professionele diens.